Agrimark Sitari Village het iets vir almal wat lief is vir droom en doen
Die netjiese gebou met sy reuse ruite en groot deure verwelkom klante al vir die afgelope 11 maande. En met die eerste verjaardag om die draai en die gerieflike handelsure waarmee die winkel klante sewe dae per week bedien, is dit geen wonder dat dit ’n wenner in dié buurt is nie.

Soos die omliggende woonbuurte uitbrei, groei die winkel se produkreeks, alhoewel dit met ’n allemintige 8 300 produkte geopen het. Elke maand word dit verder uitgebrei, na gelang van klante se behoeftes.

Shaline Jansen, takbestuurder, vertel dat die winkel se aanbieding beide landbou- en kommersiële klante insluit. “Ons bure by Sitari Country Estate en omliggende woonbuurte besoek ons graag vir ’n sak kompos, ’n paar potplante of ʼ’n speelding vir hul hond. Bouers vind al hul boubenodighede by ons, en landbouklante sal ’n uitgebreide reeks produkte vind wat veral in ’n noodgeval die kalf uit die put kan red.”
“Klante kom met hul inkopielys na ons toe en hulle stap hier uit met ’n trollie vol hondekos, ‑vitamiene, -sjampoe en ’n speelding of twee vir Woef, sowel as al hul swembadbenodighede.”
Behalwe dat hulle langer handelsure as ander Agrimark-winkels het, noem hy dat die gerief van die winkel se ligging ook in hul guns tel. “Ons het aanvanklik gedink dat sekere produklyne gewilder sal wees, maar vind nou dat ons klante ’n verskeidenheid van produkte koop. Die kwekery, klere, verf- en swembad-afdelings en troeteldier-reekse is ons gewildste.”

Shaline sê die winkel se rol in die gemeenskap het oënskynlik oor die afgelope paar maande verander: aan die begin het hulle geglo mense sal in die sentrum kom inkopies doen en dan onthou dat hulle iets by Agrimark nodig het. “Dit het egter heeltemal verander. Ons is nou die bestemming. Klante kom met hul inkopielys na ons toe en hulle stap hier uit met ’n trollie vol hondekos, ‑vitamiene, -sjampoe en ’n speelding of twee vir Woef, sowel as hul swembadbenodighede.”

Die winkel is gewild by oud en jonk. Net voor ‘n mens byvoorbeeld die kasregisters sien, is daar veelkleurige reeks bakkies, vragmotors en tenkers sigbaar. Hierdie modelle wat uit blik en draad gemaak is, is onweerstaanbaar vir die kleinspan en so kry almal in die gesin iets wat hulle gelukkig hou.

Klante waardeer die gerief van alles wat op een plek gekoop kan word – van hardeware, verf (in die kleur van hulle keuse), gereedskap en boumateriaal tot ’n verskeidenheid plante in die kwekery en die groot troeteldier-, buitelewe- en braai-afdelings.

Ryno Jaftha is verantwoordelik vir die verfafdeling en het in ʼ’n kort tydjie ’n onmisbare bron van inligting vir klante geword. Hy staan gereed met advies oor die regte verfbenodighede, hoe om behoorlike voorbereiding te doen en hy kan verf volgens klante se spesifieke kleurkeuse op sy verfmenger voorberei. Dis geen wonder dat klante gereeld na hom terugkeer om hom weer in te span nie.

Die Garden Zone se kwekery is grotendeels buite geleë met dele wat onderdak is. Dit het ook ’n reuse glasruit na die sentrum wat heelwat mense lok. Trunette Adams is hier byderhand om raad te gee oor kompos, roosbeskerming en watter kruie in die son sal aard of nie.

Dis hier waar jy van ’n kruiwa tot ’n granadilla plant kan kry; kruie tot katjiepiering; spoelklippe tot slakgif; tuintou tot tuinslange. Daar is rolle kunsgras as jy nie lus is om die gras te sny en nat te spuit nie; blombakke en selfs houers vir saad of vrugte om klein voëltjies na jou tuin te lok.
Met die somer om die draai, is die uitgebreide swembad-afdeling ‘n eenstopwinkel waar ʼ’n mens alles kan kry om jou afgeskeepte winterswembad weer in ’n skitterende blou bron van lafenis te omskep.
“Bouers vind al hul boubenodighede by ons, en landbouklante sal ’n uitgebreide reeks produkte vind wat veral in ’n noodgeval die kalf uit die put kan red.”
Die gewilde Jonsson-klerereeks en Hi-Tec-produkte word ook aangebied. Shaline sê die werksklere is net so gewild soos die ontspanningsdrag en gereelde spesiale aanbiedinge laat klante keer op keer terugkeer.
Sitari se vloeroppervlak van 607 m2 is gerieflik groot en dit het natuurlik die bykomende voordeel van die Stellenbosch-tak vanwaar items binne 24 uur verkry kan word, so klante hoef nie te lank te wag as iets uit voorraad is nie. Dit is waarlik dié plek om te besoek as die herstel-opknap-herbou-bui jou tref. En as jou dekor nuwe lewe nodig het, jy ’n paar plaveistene of ʼ’n mooi rakkie teen die muur by jou wasgoedlyn soek, is hierdie winkel net die plek vir jou.

Aan die landboukant neem verkope van verpakkingsmateriaal al hoe meer toe, want verskeie kleiner wynprodusente uit die omgewing maak van Agrimark Sitari gebruik. Die aanvraag na vragmotor-onderdele styg ook maandeliks.
Die winkel se verspreidingsgebied is onbeperk, maar aflewerings word gedoen in areas tot net onder die berg by Sir Lowryspas, Wineryweg, die R300, Khayelitsha en Macassar. Die afleweringstrok is bedrywig, maar vervoer nie net goedere tussen die twee winkels nie, dit lewer ook produkte by klante af.
Soos die vrolike groen plakkate teen die muur tereg verkondig: “Plant en oes. Droom en doen. Versorg en groei.”
Shaline verduidelik dat hulle daardie ekstra myl stap om iets vir ’n klant te kry wat soms op die oog af onbeduidend vir ander is. “Daardie klante word dan ’n advertensie op twee bene omdat hulle weet dat hulle elke keer soos konings by Agrimark behandel sal word. Hulle sal terugkom en vriende saambring.”
Die personeelkorps is ’n goeie samestelling van mense met Agrimark-ervaring wat optree as mentors vir die jonger personeel wat almal uit die winkel se onmiddellike omgewing kom.

Soos die vrolike groen plakkate teen die muur tereg verkondig: “Plant en oes. Droom en doen. Versorg en groei.” Dit het nie net betrekking op klante nie, maar ook op die personeel wat gewillig bydra om hierdie woorde ’n werklikheid te maak.